--
 
60 years of screen legends: Top 5 iconic cars in films

From the time-travelling Delorean to the “Love Bug” VW Beetle, cars have played many iconic movie roles. Watch as some of the greatest car icons in films come to life.

What to do if you're pulled over in a foreign country

Nothing ruins a leisurely holiday like an unpleasant run-in with the law. Here's what to do when you get pulled over in a foreign country.

Meer krag vir Pajero

2004-08-30 14:54

Die nuwe 3,8-liter-V6-enjin is die grootste en kragtigste Mitsubishi-enjin tot op hede, maar dit weeg 3 kg minder as sy 3,5 F -voorganger, en ontwikkel 150 kW krag teen 5 000 r/min en 314 Nm wringkrag teen 3 250 r/min.

Ook het die nuwe Pajero 'n wieltolbeheerstelsel, wat die Mitsubishi Active Stability Traction Control (ofte wel M-ASTC) genoem word.

Dit monitor elke wiel se rolbeweging, asook die enjinspoed, die stuur- en voertuighelling en die versnellerposisie voortdurend om die kraglewering en remkragte presies te beheer.

Die outomatiese modelle het ook Mitsubishi se INVECS-II-ratkas wat bestuurspatrone "onthou" en ratkeuses en -wisselings aanpas.

Ander detail-veranderings sluit in 'n nuwe sierrooster en herontwerpte buffer, asook 'n veranderde middelkonsole met onder meer 'n volkleurskerm.

Die volledig ingevoerde Pajero is nou beskikbaar vanaf R347 000 tot R449 000. Dit sluit 'n waarborg van twee jaar of 100 000 km en 'n onderhoudsplan van drie jaar of 10 000 km in.

There are new stories on the homepage. Click here to see them.