Share

Nuwe Isuzu 'n bullebak(kie)

accreditation

Grondliggend aan die ontwerp was die vereiste dat die jongste Isuzu byval by 'n wye verskeidenheid kopers moes vind ? dit moes 'n voortreflike kombinasie wees van sportnutsvoertuig en werkesel.

Aandag aan lugdinamiese detail en goeie bougehalte dra by tot meer gerief in die groot kajuit, en ruimtebenutting is aansienlik beter as in die nuwe KB se voorgangers s'n, en die nuwe KB-enkelkajuit se binneruim meet 1,58 kubieke meter teenoor die oue se 1,43 kubieke meter.

Die instrumentpaneel het 'n futuristiese, dog praktiese en aantreklike ontwerp met uitmuntende ergonomika, en draaiknoppe word nou bv. gebruik vir die lugtoevoerstelsel.

Ook het die 4x4's nou 'n elektroniese koppelkeuse vir twee- of vierwielaandrywing, en dit kan in die topmodelle in die ry geskakel word. 'n Sluitewenaar is ook standaard.

Enjins

Altesame tien dieselmodelle, met twee enjinkeuses, en ses petrolmodelle, met 'n keuse van drie enjins, is beskikbaar.

Die petrolenjins bestaan uit die viersilinder-HEC 2,0 liter met enkelbonokas en veelpuntinspuiting wat 88 kW teen 5400 r/min en 174 Nm wringkrag teen 3200 r/min lewer (dié model sal in November beskikbaar wees).

Die HEC 2,4 liter-enjin vervang die 2,2 liter in die vorige KB-reeks. Dié enjin lewer 94 kW teen 4 800 r/min en 207 Nm teen 3 200 r/min.

Die grootmeneer is die reeks is die 6VEI V6-enjin van 3,5 liter. Dié enjin, wat 'n hele 147 kW teen 5 400 r/min en 280 Nm teen 3 000 r/min lewer, vervang die vorige 3,2 liter-V6.

Wat die dieselkragbronne betref, is die viersilinder-4JAI-L 2,5 liter-turbodiesel (58 kW teen 3 800 r/min en 170 Nm teen 1 800 r/min) met direkte inspuiting wat ook in die vorige reeks gebruik is, behou. 'n Normaal-geaspireerde 2,5 liter-enjin is ook getoets, maar vir produksie laat vaar.

Die 4JHI-TC 3,0 TDi is 'n aangepaste weergawe van die drieliter-turbo wat voorheen gebruik is, en is spesiaal aangepas vir gebruik saam met 'n vyfgang-handratkas of viergang-outo.

Die enjin lewer 96 kW teen 3 800 r/min en 280 Nm teen 2 000 r/min in die handratmodel, terwyl die outomatiese weergawe se enjin 294 Nm teen 2 000 r/min ontwikkel.

Kenmerke

Die nuwe KB het 'n heel nuwe, stewige leertipe onderstel, en dit gee die bakkie 'n langer asafstand vir meer laairuimte.

'n "High-Ride"-onderstel kan ook gekies word vir die Fleetside, LE en LX-modelle in die reeks.

Wat veiligheid betref, het die nuwe reeks botsstawe in die deure, en die onderstelraam is boonop versterk.

Die LX-modelle in die reeks is toegerus met 'n ABS-remstelsel en EBD, en die LX- en dubbelkajuit-modelle het lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier.

Die nuwe reeks is omvattend in SA getoets en 23 ingevoerde en 10 plaaslik-vervaardigde bakkies het altesame meer as 1,4 miljoen toetskilometers afgelê.

Al die bakkies word gedek deur 'n 3 jaar/100 000 km-waarborg met gratis padbystand. Diensintervalle vir die petrolweergawes is 20 000 km.

Pryse vir die nuwe KB-reeks wissel van R147 950 tot R249 330 vir die petrolmodelle, en van R152 578 tot R323 133 vir die diesels.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE