--
 
Top new models for SA

From Renault's new Alaskan bakkie to the latest models at the Frankfurt motor show bound for SA.

Electric cars in SA

The debate on whether or not Electric Vehicles (EV) are viable in South Africa rages on.

SA motor van die jaar is VW Golf

2010-03-18 21:53
Die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) het op Donderdag 18 Maart die VW Golf 1.4 TSI aangewys as 2010 se Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar (MVDJ) tydens ’n glansgeleentheid by die Gallagher konferensiesentrum in Midrand.

Die aankondiging van hierdie groot eer volg ’n streng stem- en toetsproses van alle kwalifiserende voertuie wat tussen 1 November 2008 en 31 Oktober 2009 in die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel is.

Agt finaliste vir hierdie kompetisie is aan die einde van verlede jaar gekies na ’n diepte-peiling van alle volle lede van die SAGMJ en ’n gevolglike tweede stemming van lede van die MVDJ-jurie.

Die MVDJ-jurie, wat saamgestel is uit die land se top motorjoernaliste, het die finaliste vir twee dae in Februarie vanjaar deur hul passies gesit en aan ’n streng punte-toekenningsproses onderwerp.

DieVW Golf 1.4 TSI het strawwe mededingers in die vorm van Alfa Romeo MiTo se 1.4 Turbo, die Audi Q5 2.0T S tronic, Chevrolet Cruze 1.8 LS, Hyundai i20 1.6 GLS, Suzuki Alto 1.0 GLS, Toyota Prius 1.8 ECVT Advanced en Volvo se XC60 3.0T Geartronic uitgestof. Al hierdie motors was finaliste wat meegeding het vir die hoogste toekenning in die land se top motorbyeenkoms.

Die SA Motor van die Jaar hoort, by definisie, harte warm te laat klop as ’n werklik uitmuntende motor in sy klas, maar ook in die mark as geheel.

Die MVDJ-kompetisie is immers ’n maatstaf van voertuig-uitnemendheid en die wenmotor moet hoë punte haal in ’n rits kategorieë wat onder meer waarde vir geld, veiligheid, dinamika, tegnologie en estetika in ag neem.

•    Vorige wenners:
 
1986 Toyota Corolla Twin Cam
1987 Mercedes 260
1988 BMW 735i
1989 Toyota Corolla GLi Executive
1990 BMW 525i
1991 Opel Monza 160 GSi
1992 Nissan Maxima 300 SE
1993 BMW 316i
1994 Opel Kadett 140
1995 Opel Astra 160iS
1996 Audi A4 1,8
1997 BMW 528i
1998 Ford Fiesta Fun
1999 Alfa Romeo 156 T-Spark
2000 Renault Clio 1.4 RT
2001 BMW 320d
2002 Audi A4 1.9 TDI
2003 Polo TDI
2004 Renault Megane 1.9 dCi
2005 Volvo S40 2.4i    
2006 Audi A3 Sportback 2.0T
2007 Honda Civic 1.8VXi Sedan
2008 Mazda2 1.5 Individual
2009 Honda Accord 2.4 Executive




NEXT ON WHEELS24X

Inside Wheels24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.