--
 
Hot hatches - Old vs New

Check out these 5 hatches and compare the old with the new.

5 most important cars

We take a look at 5 cars that revolutionised the automotive industry.

Punto wil punt bewys

2004-08-30 14:54
Dié model, wat volgens Fiat netjies tussen die minder suksesvolle Palio en die Stilo-reeks inpas, is 'n goed toegeruste buksie wat hier teen mededingers soos die Citroën C3, Renault Clio, Hyundai Getz, Ford Fiesta, Honda Jazz en VW Polo te staan kom.

Altesame vyf modelweergawes van dié hoogaangeskrewe klein motor is beskikbaar om 'n breë spektrum van kopersbehoeftes te dek, met drie- en vyfdeur-weergawes wat deur drie verskillende enjins aangedryf word.

Die intreemodel is die Fiat Punto 1,2 16V in Active- en Dynamic-gewaad, gevolg deur die Punto 1,3 JTD Multijet-dieselmodel, ook in Active- en Dynamic-afwerking, en die vlagskip is die sportiewe driedeur-Fiat Punto HGT met 'n enjin van 1,8 F .

Die tegnologies gevorderde 1,3 JTD het Fiat se Multijet-tegnologie wat dit meer verfynd en stiller as ander klein dieselenjins maak. Die dubbelbonokas- sestienklep-turbodieselenjin is die kragtigste in sy klas en lewer 51 kW teen 4 000 r/m en 180 Nm teen net 1 750 r/m.

Dit gee die 1,3 JTD Multijet 'n topspoed van 164 km/h en 'n 0-100 km/h-tyd van 13,4 s. Volgens Fiat is sy brandstofverbruik 'n suinige 4,5 F /-100 km in 'n gekombineerde roete-siklus.

Die sestienklep-1,2 F het dubbele bonokasse en elektroniese versneller, en dit ontwikkel 59 kW teen 5 000 r/m en 114 Nm teen 4 000 r/m. Dit haal 100 km/h in 11,4 s. en 'n topspoed van 172 km/h. En sy verbruik volgens Fiat is net 5,8 F /100 km in die gekombineerde siklus.

Die sportiewe Punto HGT, 'n blitsbuks wat net in driedeur-luikruggewaad beskikbaar is, word deur 'n dubbelbonokas-enjin van 1,8 F met 16 kleppe aangedryf wat 'n stewige 96 kW teen 6 300 r/m lrewer, en 90% van sy 164 Nm wringkrag tussen 1 800 r/min en 6 500 r/min.

Dit gee die HGT 'n versneltyd van 8,6 s. tot 100 km/h en 'n topspoed van 205 km/h. Dubbele lugsakke is standaard in die reeks, en die Active-intreespesifikasievlak sluit in elektriese voorruite, sentrale sluiting met afstandbeheer, lugversorging, staalwiele van 14 dm., elektriese Dualdrive-kragstuur met 'n CITY-modus en 'n radio/bandspeler met ses luidsprekers.

Die Dynamic-vlak kry ook 'n radio/CD-speler met ses luidsprekers, asook sluitweerremme en EBD, verhitte elektriese kantspieëls, 'n 60/40-verdeelde agtersitplek, Isofix-hegpunte vir kinderstoeltjies, misligte voor en 14 dm.allooiwiele. Die HGT beskik ook oor die Dynamic-spoedbeheerstelsel, kantlugsakke, ESP-wieltolbeheer, 'n radio/CD-stelsel met 'n MP3-speler en basluidspreker, 'n leerbedekte stuurwiel en ratknop, 'n drukvlerk agter en 15 dm.-allooiwiele.

Die Punto word gedek deur 'n handelaarswaarborg van 36 maande of 100 000 km en 12 maande se padhulpdiens, en sy versieningsintervalle is 20 000 km. Pryse was teen druktyd nog nie beskikbaar nie, maar ons meen dit sal wissel van net oor R100 000 tot sowat R150 000.

Inside Wheels24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.