--
 
Hot hatches - Old vs New

Check out these 5 hatches and compare the old with the new.

5 most important cars

We take a look at 5 cars that revolutionised the automotive industry.

Bak nuwe Corsa-bulletjie

2004-09-27 09:04

Die nuwe Utility, wat stileringsgewys inpas by Opel se nuwe filosofie om met modelle met opwindende ontwerplyne sy markaandeel te verhoog, kom van Brasilië, en Suid-Afrika is die enigste land naas dié Suid-Amerikaanse staat om dié bakkie te bou, en die enigste land wat 'n regterstuur-weergawe monteer.

Behalwe sy forse voorkoms, behoort kenmerke soos dat dit die breedste halftonner met die grootste asafstand in sy klas is, dat dit 'n laer bakprofiel as die Bantam het, asook die grootste (1,19 kubieke meter) en diepste (520 mm) laaibak in sy klas, en dat sy "Maxicab"-kajuit die meeste ruimte in die klas bied, die nuwe bakkie gewild te maak.

Dit kan ook die grootste loonvrag dra (790 kg vir die 1,7 liter-diesels en 680 kg vir die 1,4 liter-petrolmodelle), 'n spoedsensitiewe kragstuur is standaard in al die modelle, en dit sal aanvanklik beskikbaar wees met 'n 1,7 liter-turbodieselenjin met tussenkoeler (55 kW teen 4 400 r/min en 165 Nm teen 1 800 tot 3 000 r/min) ? wat die ou gewone 1,7 liter-diesel vervang ? en 'n 1,4 liter-petrolenjin (66 kW teen 6 200 r/min en 115 Nm teen 3 200 r/min).

Die enjins is almal aan 'n vyfgang-handratkas gekoppel en aanstaande jaar sal 'n 1,8 liter-model ook beskikbaar gestel word. Twee modelle is beskikbaar, die basismodel en 'n Sport-weergawe met 'n hoë spesifikasievlak.

Ook is die nuwe bakkie se veringstelsel verbeter met 'n saamgestelde wringstaafas agter.

Die Sport-weergawe het ook elektriese deurslotte met afstandbeheer, 'n inligtingspaneel, deure wat self sluit teen 30 km/h, en 'n volledige stel instrumente.

Ook het dit nuwe veiligheidskenmerke, soos aktiewe kopstutte, 'n pedaal-vrystellingstelsel, en syslagstawe in die deure. Die 1.4i is beskikbaar vir R78 240 en die 1,4iS kos R107 270. Die twee 1,7DTi-modelle kos onderskeidelik R108 860 en R132 030.

Inside Wheels24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.