--
 
Hot hatches - Old vs New

Check out these 5 hatches and compare the old with the new.

5 most important cars

We take a look at 5 cars that revolutionised the automotive industry.

Goedkoop wêreldkar

2004-08-30 14:54

Die nuwe Logan

Die probleem waarmee hulle egter sit, is die bekostigbaarheid van voertuie, want verbruikers in dié lande wil graag dieselfde gehalte rygoed hê as wat in ontwikkelde lande geproduseer word, maar het nie die geld om dit te kan bekostig nie.

Renault het egter nou die bul by die horings gepak deur bekend te maak dat hy 'n goedkoop, fieterjasielose intreevlakmodel, spesifiek gemik op ontwikkelende lande en ontluikende markte, gaan bou.

Die ontwikkeling van die X90-voertuigreeks, wat 1,2 miljard euro gekos het, is egter nie vanweë filantropiese redes goedgekeur nie Renault het besef as hy sy verkoopsteiken van 4 miljoen voertuie per jaar teen 2010 wil haal, sal hy groei in nuwe markte moet gaan soek.

Die sedanmodel in die reeks, bekend as die Logan, sal binne 12 maande die eerste model wees wat in vertoonlokale in 30 lande vertoon word, en Renault beoog om teen 2010 tot 700 000 van die reeks per jaar van die hand te sit 20% van sy totale verkope en soveel soos wat hy nou van die Mégane verkoop.

Die X90-reeks sal onder meer deur die Dacia-fabriek in Roemenië gebou word (Suid-Afrikaners sal Dacia onthou oor die goedkoop bakkies wat sowat 'n dekade gelede vir 'n jaar of twee hier beskikbaar was, maar gou weer van die mark verdwyn het vanweë hul swak gehalte) en sal met Renault- of Daciakentekens verkoop word, afhangende van die afsetgebied.

Die nuwe reeks sal in September vanjaar in Roemenië bekend gestel en na Sentraal- en Oos-Europese lande uitgevoer word voordat produksie aanstaande jaar in Rusland begin. Die reeks sal vermoedelik ook later in Afrika gebou word, maar beslis nie in Suid-Afrika nie.

Die X90 is ook bestem vir lande soos Colombia, Marokko, Iran en heel moontlik ook China. Ander modelweergawes sal volg en die aanvanklike keuse van 1,4-liter en 'n 1,6-liter-enjin sal ook later uitgebrei word.

Volgens Renault sal die goedkoop modelreeks vir sowat R50 000 van die hand gesit word. Dis egter 'n ope vraag of Renault se plan met dié reeks sal slaag, gegewe die geskiedenis van ander goedkoper wêreldmotor-modelle, soos die Fiat Palio, wat nooit werklik goeie verkope behaal het nie.

Inside Wheels24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.