--
 
Hot hatches - Old vs New

Check out these 5 hatches and compare the old with the new.

5 most important cars

We take a look at 5 cars that revolutionised the automotive industry.

VW Golf 5 'n wenner

2004-08-30 14:57

Daarom is geen geld en moeite ontsien in die ontwerp en ontwikkeling van die vyfde geslag Golf nie, want dit is nou die Duitse vervaardiger se grootste verkoper van alle tye, met 23 miljoen wat al van die hand gesit is (teenoor 21 miljoen Kewers).

Soos met sy voorsate het die ontwerpers en ingenieurs van die Golf 5 evolusionêr te werk gegaan, en hoewel die jongste geslag groter, breër en hoër is, is dit onmiddellik herkenbaar as 'n Golf.

Die nuweling is 24 mm breër as sy voorganger, 41 mm hoër en 55 mm langer, en veral die agterste passasiers trek voordeel hieruit, want beenruimte agter is nou 52 mm meer, terwyl kopruimte agter nou 24 mm meer is, en 8 mm hoër is voor.

Ook is die Golf 5 se bakstewigheid 80% beter as dié van die Golf 4, wat reeds 'n hoë standaard op hierdie gebied gestel het, en dit het onder meer daartoe bygedra dat die nuwe Golf as die veiligste motor in sy klas in die strawwe Euro-NCAP-botstoetse aangewys is.

Hierdie wringstewigheid is bereik deur plaatmetaal van verskillende dikte te gebruik wat met 'n revolusionêre laserproses aanmekaar gesweis is. In die bouproses word 70 m se lasersweislaste gebruik, terwyl net 5 m daarvan vir die Golf 4 gebruik is.

Die ontwerper Marc Lichte had 'n moeilike taak om die nuwe Golf nuut en opwindend te laat vertoon, maar steeds die tradisionele Golf-lyne te behou.

Die vier ronde hoofligte en C-pilaar sit die tradisie voort, maar die enjinkap en laer bakwerk is nou meer hoekig en wigvormig. Dié ontwerp laat die nuwe Golf kleiner vertoon, hoewel dit eintlik groter is, en dis onmiskenbaar nuut.

Ook binne is die nuwe Golf nou ergonomies nog meer gebruikersvriendelik met herontwerpte sitplekke wat groter gerief en beter steun gee, asook koprusse wat sweepslag-nekbeserings in geval van 'n botsing van agter teenwerk.

Die agtersitplekke het wegvou-armrusse (behalwe die intreevlak-Trendline) en kan in 'n 60/40-konfigurasie platvou om meer pakruimte agter te skep.

Wat veiligheid betref, stel die nuwe Golf weereens die standaard met lugsakke voor, kant- en gordynlugsakke vir die voorste passasiers, terwyl die agterste passasiers deur gordynlugsakke beskerm word. Hierdie lugsakke werk saam met vierpunt-sitplekgordels voor en agter.

Die standaard-spesifikasievlak is hoog, en sluit in 'n ritrekenaar, elektriese ruite (net voor in die 1,6 Trendline), lugversorging, radio/band- en/of CD-speler, en materiale en afwerking van die hoogste gehalte.

Die Golf 5 is ook die eerste model in sy klas wat 'n vierster-gradering van Euro-NCAP vir kinderveiligheid ontvang het, en dinamiese veiligheidstelsels sluit in sluitweerremme, elektroniese remdrukverspreiding (EBD) en ASR. Die remstelsel bestaan uit geventileerde skywe voor en soliede skywe agter.

Altesame ses Golf 5-modelle sal aanvanklik beskikbaar wees met 'n keuse van vier enjins, waaronder twee turbodiesels. Die intreevlak-model is die 1,6 Trendline met vyfgang-handratkas, en die 1,6 Comfortline is beskikbaar met hand- sowel as sesgang-Tiptronic outomatiese ratkas.

Die 1,6 liter-enjin lewer 75 kW en 148 Nm wringkrag teen 3 800 r/min, genoeg om dié modelle volgens VW tot 'n topspoed van 184 km/h aan te dryf, en in 10,5 s tot 100 km/h te laat versnel.

Die 1,9 TDi Comfortline word aangedryf deur die welbekende turbodieselenjin wat ook in die Touran beskikbaar is en 77 kW teen 4 000 r/min en 250 Nm teen 'n lae 1 900 r/min opwek.

Dié dieselenjin dryf die voorwiele deur 'n vyfgang-handratkas en volgens VW stel dit die model in staat om 'n topspoed van 187 km/h te bereik, en in 11,3 s van stilstand tot 100 km/h te versnel.

Twee Sportline-modelle, een met 'n kragtige turbodieselenjin, en die ander met 'n gevorderde petrolenjin, is ook beskikbaar. Die 2,0 TDi-enjin lewer 103 kW teen 4 000 r/min en 'n baie stewige 320 Nm wringkrag teen net 1 750 r/min ? genoeg vir 'n 0-100 km/h-versneltyd van 9,3, volgens VW, en 'n topspoed van 203 km/h.

Die 2,0 FSI-petrolenjin (dit staan vir Fuel Stratified Injection) lewer 110 kW teen 6 000 r/min en 200 Nm wringkrag teen 3 500 r/min.

Gekoppel aan 'n sesgang-handratkas laat dit die vlagskipmodel volgens VW in net 8,9 s tot 100 km/h versnel en kan dit 'n topspoed van 206 km/h bereik.

Met 'n MacPherson-stutstelsel voor en dinamiese veelskakelstelsel agter, 16 duim-wiele (17 duimers is opsioneel vir die Sportline-modelle), Servotronic-stuurstelsel, sy stewiger onderstel en 'n wyer sporing, behoort die nuwe Golf uitmuntende hanteringseienskappe te hê.

Die Golf 5 het 'n drie jaar/120 000 km-waarborg, asook 'n 5 jaar/60 000 km Automotion-versieningsplan. Diensintervalle is elke 15 000 km, terwyl die dieselmodelle elke 7 500 km vir 'n oliediens moet gaan.

Inside Wheels24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.