--
 
Hot hatches - Old vs New

Check out these 5 hatches and compare the old with the new.

5 most important cars

We take a look at 5 cars that revolutionised the automotive industry.

Toyota Prius: 'n Vars briesie

2004-09-07 07:55

Die Prius word in Oktober by die Auto Africa-motorskou in Johannesburg bekend gestel, en sal van vroeg aanstaande jaar af by uitgesoekte Toyota-handelaars verkrygbaar wees.

"Ons is verheug dat ons die nuwe geslag van die Toyota Prius in Suid-Afrika kan bekend stel, veral op 'n tydstip dat daar 'n groot fokus is op die bewaring van die omgewing," sê Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika.

"Die Prius is 'n simbool van Toyota se lang globale verbintenis om waardevolle hulpbronne te bewaar en om brandstofverbruik en uitlaatemissies ingrypend te verminder. Die woord Prius is afkomstig van die Latyn vir 'om voor te gaan' en verander ons konsep van motors en enjins.

"Die bonus is dat die nuwe Prius nie net spog met groenste getuigskrif in Suid-Afrika nie, maar dat dit ook pret is om te bestuur danksy Toyota se jongste petrol- en elektriese tweelingtegnologie.

"Met die ontsaglike vraag na hierdie motor in oorsese markte sal Prius-motors vir die plaaslike mark aanvanklik net in beperkte hoeveelhede beskikbaar wees," sê Van Zyl.

Gewild

Meer as 200 000 Prius-motor is al wêreldwyd verkoop, en die eko-deurbraakmotor het 'n gunsteling geword onder Hollywood-sterre.

Bekende Prius-eienaars sluit in Cameron Diaz, Harrison Ford, Brad Pitt, Tom Hanks, Meryl Streep en die omgewingsvoorvegter en held van die Titanic-fliek, Leonardo DiCaprio, wat drie van hierdie motors het.

Die kern van die eko-motor is wat Toyota die "Hybrid Synergy Drive" noem. Dit gebruik die elektriese motor as die vernaamste kragbron.

Wanneer groter versnelling of spoed vereis word, skakel dit seepglad oor na petrolaandrywing.

Die stelsel, wat nuwe standaarde stel vir omgewingsverrigting, kan die Prius tot 35 kilometer op 'n liter petrol laat ry, tesame met besonder min uitlaatemissies.

Terselfdertyd is die Prius se verrigting uiters lewendig -- die Toyota draf van 0 tot 100 km/h in minder as 11 sekondes!

Tegnologies gevorderd

Die Prius spog ook met 'n hele verskeidenheid ander tegnologiese deurbrake, onder meer die keuse van 'n EV (electric vehicle)-bestuursmodus, waarvolgens die bestuurder bloot 'n knoppie hoef te druk om net die elektriese motor te gebruik om die motor aan te dryf.

Die gevolg is geen emissies nie en baie lae geraasvlakke, wat die Prius die ideale voertuig maak om laat saans of soggens vroeg te ry.

'n Groot voordeel is dat dit nie nodig is om die gesofistikeerde batterystelsel te herlaai nie. Dit is deel van die algehele elektroniese beheerstelsel. Die batterye word herlaai deur die petrolenjin en regeneratiewe remming.

Toyota se ingenieurs het ook die Prius se elektriese argitektuur gebruik om die motor se aktiewe en passiewe veiligheidskenmerke te optimiseer.

Die kragstuur-, rem-, wieltolbeheer- en voertuigstabiliteitstelsel word ten volle deur 'n elektriese/elektroniese baan gekoördineer. Dit is 'n eerste in die motorbedryf.

Die Prius, 'n ongewoon veilige en ruim vyfsitplekmotor, is 'n skoon, vars briesie. Wat veiligheid betref, was die Prius die eerste tweelingmotor wat die strenge Euro NCAP-botstoetse ondergaan het.

Dit het die toetse met vlieënde vaandels geslaag en het 'n 5 ster-veiligheidsaanslag gekry.

Inside Wheels24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.