--
 
Hot hatches - Old vs New

Check out these 5 hatches and compare the old with the new.

5 most important cars

We take a look at 5 cars that revolutionised the automotive industry.

BMW se X faktor

2004-08-30 14:54

As jy 'n wenner op hande het, kan jy dit seker bekostig om 'n bietjie arrogant te wees. En nog voordat die nuwe X3 die lig in sy finale vorm gesien het, was hy reeds 'n seker wenner vir die Beierse motorwerke grotendeels danksy sy groter boet, die X5.

Die X5 is 'n aspirasie-ryding, en die statuur wat dié weeldewa reeds in die oë van die publiek opgebou het, is net so na die X3 oorgedra. Want as die X5 so goed is, dan móét BMW se tweede probeerslag in die lewenstylmark nog beter wees.

Voeg daarby dat die X3 'n kleiner voertuig is wat noodwendig in 'n groter kopersmark aanklank sal vind, en dié kleiner sportaktiwiteitsryding had 'n onfeilbare reputasie nog voordat sy eerste wiel gedraai het.

BMW het gou die waarde van Faktor X besef, en met die X3 is die maatskappy se strategie duidelik: die kleiner lewenstylvoertuig sal teen 'n premie-prys verkoop word, want mense sal hom, net soos sy groter eweknie, om sy aspirasie-waarde en status aanskaf.

In der waarheid is die X3 nie veel kleiner as die X5 nie, en hul asafstand en bruikbare bagasieruimte is feitlik dieselfde, hoewel die kleiner model 120 mm korter is. Dit is egter 235 kg ligter, wat ten gunste van hom tel wat verrigting betref.

Stilering is die grootste verskil tussen die twee. Die X5 is meer aggressief en gespierd, terwyl die X3 se Bangle-lyne meer modern en byderwets is. Met sy kleiner spoorwydte en hoër daklyn kort hy ook die ontwerpbalans van sy groter boet, en hy het beslis nie dieselfde padcharisma nie.

Wat ruimtebenutting betref, bied die X3 jou nie veel meer as "gewone" sportnutse nie. Goed, dit kan 480 F se bagasie hou wat tot 1 560 F vergroot kan word as die agtersitplekke platgeslaan word, maar dis verrassend dat die laairuim dan nie heeltemal gelyk is nie, en eintlik is die binnekant baie konvensioneel.

Ook die instrumentpaneel-uitleg vertoon minimalisties en die afwerking verleen nie dieselfde gehalte-ambience as wat jy in die X5 aantref nie, maar dit het (soos 'n mens sou verwag) 'n hoë toerustingvlak.

Twee petrolmodelle, met drie afwerkingsvlakke, is nou beskikbaar. Die 2,5 F -model se sessilinder-enjin lewer 141 kW en 245 Nm, terwyl die 3 F - sessilinder-model vir 170 kW en 'n baie stewige 300 Nm wringkrag sorg.

Albei enjins gee die X3 goeie verrigting, en die imponerende xDrive-stelsel ('n elektroniese stelsel wat in alle soorte rytoestande uiters goed werk om krag na al vier wiele te moduleer, afhangende van hoeveel padgreep die band het) en 'n goed beproefde veringstelsel versterk die X3 se uitstaande padmaniere.

Al hierdie kenmerke dra by tot Faktor X, daardie geheimsinnige bestanddeel wat sekere motormodelle onweerstaanbar maak, en dit sal die wêreld moeilik maak vir die X3 se mededingers, soos die Jeep Cherokee, die Land Rover Freelander, die Honda CR-V en die vyfdeur-RAV4.

Die nuwe X3 se verkooppryse kan egter 'n demper op vele voornemende kopers se aspiraries plaas, want teen R385 000 vir die intreevlak-X3 2,5-model en byna R450 000 vir die vlagskipmodel is die X3 beslis nie goedkoop nie, en hoewel BMW hoop om markaandeel by ander mededingers te steel, lyk dit eerder of die meerderheid X3-verkope ten koste van die X5 gaan wees.

Pryse: BMW X3

  • X3 2,5i Standard handrat: R385 000
  • X3 2,5i Standard Steptronic: R398 000
  • X3 2,5i Sport handrat: R402 900
  • X3 2,5i Sport Steptronic: R415 900
  • X3 2,5i Activity handrat: R403 800
  • X3 2,5i Activity Steptronic: R416 800
  • X3 3,0i Standard Steptronic: R428 000
  • X3 3,0i Sport Steptronic: R445 000
  • X3 3,0i Activity Steptronic: R446 800

  • Inside Wheels24

    There are new stories on the homepage. Click here to see them.